Uitslae van oorskryf-eksamens middel Februarie bekend

Die Namibiese ministerie van onderwys het die jongste bekend gemaak oor die uitslae van die eksamens wat senior leerders moes oorskryf as gevolg van vraestelle wat uitgelek het. Volgens die adjunk-uitvoerende direkteur in die ministerie, Edda Bohn, sal die uitslae middel-Februarie beskikbaar wees en dan sal die sogenaamde AS-vlak studente eers met hulle akademies jaar begin.