Nog ‘n tender aan Chinese, die een N$237m

Die Sentrale Verkrygingsraad het die tender vir Namfisa se nuwe hoofkantoor aan die Chinese konstruksie-maatskappy China State Construction and Engineering Corporation toegestaan. Die tender is amper 237 miljoen Namibiese dollar werd. Dertien maatskappye het gebie waarvan tien Chinees is. Die toekenning kom te midde van protes deur die Konstruksie Industrie-federasie wat amok maak omdat Namibiese boumaatskappye uiters swaar kry terwyl Chinese maatskappye al die groot tenders losslaan. Daar word berig dat in die geval het die Chinese Zhong Mei Engineering, wat onlangs die 344 miljoen dollar padtender gekry het, weer gebie het. Die maatskappy het ‘n sertifikaat by NamRA gekry, ten spyte van belasting uitdagings. Sy bod is van die hand gewys omdat die sertifikaat blykbaar onreëlmatig uitgereik is.