Nóg ‘n geskende liggaam in rivier gevind

‘n Geskende liggaam van ‘n ongeïdentifiseerde man is in die Zambezirivier gevind. Volgens die Namibiese polisie het die liggaam snye en die geslagsdele is geskend. Die polisie vermoed dit is nóg ‘n moetiemoord of die smokkel van liggaamsdele. Dit volg na die geskende liggaam van die 37-jarige Egidius Kayangula verlede week in die Kavangorivier gevind is.