Thabo Mbeki sê munisipalitete het eerlike raadslede nodig

Suid-Afrikaanse oudpresident Thabo Mbeki sê dit is nodig vir alle kiesers om hul mening oor plaaslike regering bekend te maak. Hy het vanoggend sy stem uitgebring by die Holy Family-kollege in Houghton, Johannesburg. Mbeki wys daarop alle burgers kan die probleme in munisipaliteite uitken, soos byvoorbeeld dienslewering en slaggate. Hy sê hierdie is die uitdagings waaraan munisipaliteite aandag moet gee en om vandag te stem, kan ‘n verandering in hierdie opsig maak. Mbeki beklemtoon munisipaliteite benodig eerlike raadslede.