Nog beendere gevind in die Mead-meer

Polisie-duikers het nog ‘n stel beendere gevind in die droogte-geteisterde Mead-meer naby Las Vegas in Amerika terwyl die watervlak steeds daal weens die erge droogte. Dit is die vierde stel beendere wat sedert Mei gevind is. Die eerste skelet was blykbaar dié van ‘n man wat in die middel-1970’s tot vroeë 1980’s geskiet en in die meer gegooi is. Amptenare van die Nasionale Park-diens sê die jongste ontdekking is Saterdagoggend gemaak. Ondersoekers is besig om die rekords van vermiste persone na te gaan.