DA looi Gauteng-regering vir vermorsing van geld

Die DA in Gauteng sê die provinsiale departement van infrastruktuurontwikkeling mors voortdurend belastingbetalers se geld wat bedoel is om die lewens van Gautengers op te hef. Die uitspraak volg nadat die party ontdek het die Kopanong-hospitaal van 208 miljoen Suid-Afrikaanse rand in Vereeniging is steeds nie voltooi nie. Tot dusver is 122 miljoen rand aan die projek bestee. Die DA-lid, Dorianne Arendse, sê geen owerhede het tot dusver die projek inspekteer nie: