Noa moet wag tot 2 Julie vir borgaansoek

Dennis Noa, die leerlingdokter wat aangekla word van die verkragting van die ‘n manlike, breinbeseerde pasiënt in die Katutura-hospitaal, se borgaansoek is uitgestel tot 2 Julie. Die aanklaer in die saak het Covid-gevalle bevestig. Landdros Esme Molefe het toe die aansoek vir twee weke uitgestel. Noa is sedert 13 April in aanhouding.