Rekord-getal, 2 075 Covid-gevalle bevestig

Daar is 2 075 nuwe Covid-gevalle uit 5 823 toetse bevestig wat 36 persent verteenwoordig. Windhoek het 1 128, Rundu het 139, Gobabis 119 en Oshakati 104. Aktiewe gevalle is tans op 11 678 na 796 pasiënte herstel het. Daar is 400 pasiënte in die hospitaal met 140 in hoësorg. ‘n Totaal van 33 sterftes is aangemeld met 12 in Gobabis en 11 in Windhoek. Inentings vorder stadig en op die oomblik is net 17 215 persone ten volle ingeënt met 95 476 wat reeds die eerste spuit ontvang het.