Volksmoord: ons tree so ‘n lafhaard op

Die uitvoerende direkteur in die ministerie van inligting Mbueta Ua-Ndjarakana het hom sterk uitgespreek teen die ooreenkoms wat die Namibiese regering met Duitsland oor die volksmoord beklink het. Ua-Ndjarakana is die eerste senior regeringsamptenaar wat teenstand teen die ooreenkoms bekend gemaak het. Hy het, in sy privaat hoedanigheid gesê die ooreenkoms is nie ‘n handtekening werd nie. Hy het aan nuusagentskappe gesê Namibië kan nie soos ‘n lafaard optree nie en eenvoudig ‘n appel en ‘n ui aanvaar nie. Die ooreenkoms sluit ‘n betaling van 1,1 miljoen euro oor 30 jaar in en die geld word deur Duitsland beskryf as ontwikkelingsbystand en nie reparasies nie.