Nieu-Seeland staan Tonga by

Die Nieu-Seelandse regering het ‘n vliegtuig na Tonga gestuur om te help om die omvang van skade vas te stel nadat ‘n ondersese vulkaan Saterdag uitgebars het. Dit het dié eiland in die Stille Oseaan met as bedek en ‘n tsunami veroorsaak by Tonga se grootste eiland, asook Hawaii en Japan. Kraglyne is beskadig wat kommunikasie afgesny het terwyl die Rooikruis en die Rooi Halfmaan beraam dat tot 80 000 mense geraak word. Volgens internasionale media het bote en groot rotse op strande uitgespoel terwyl geboue aan die kus beskadig is. Die tsunami-waarskuwing vir Amerika is nou opgehef.