Nog vyf vas in Noord-Kaap vir onwettige vetplante

Nadat vier by Pofadder gevang is met meer as 1 500 plante ter waarde van 110 000 Namibiese dollar, sal vyf mense in die Springbok-landdroshof verskyn nadat hulle op die N14 naby dié Noord-Kaapse dorp in hegtenis geneem is in verband met die onwettige besit van beskermde plante ter waarde van meer as 600 000 Namibiese dollar. ‘n Polisiewoordvoerder, Sergio Kock, sê beamptes het inligting opgevolg en beslag gelê op 8 130 knopies en waterblasies sukkulente en drie selfone: