Nie almal vier saam fees nie
Met die feesseisoen wat op hande is het Kosmos 94.1 Nuus met dr. Veronica Theron gepraat, die tegniese direkteur van die kantoor van die eerste vrou, Monica Geingos. Theron is ook aktief in die #BeFree-program wat jong dames assisteer wat seksueel geteister en slagoffers van geweld is. Theron het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die feesseisoen is een van die tydperke waarin geslagsgeweld toeneem, en alkohol-misbruik speel ‘n rol.