Ndeitunga gesels oor sy planne vir Ohangwena

Die afgetrede luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga wat 17 jaar hoof was van die Namibiese polisie en vandag ingetree het as goewerneur van die Ohangwena-streek, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor sy visie. Die streek het talle uitdagings waaronder oorgrens smokkelary en meer. Ndeitunga sê sy eerste stap is om op die grond te kom en te bepaal wat aangaan en wat inwoners wil hê.