Navorser gee oorsig oor Nasionale Vergadering

‘n Namibiese navorser gee ‘n oorsig van die Nasionale Vergadering wat weer op 14 Februarie volgende jaar heropen nadat dit op 24 November verdaag het. In die parlement is vanaf 6 September oor nege wetsontwerpe gedebatteer, dit goedgekeur en na die Nasionale Raad vir hersiening verwys. Altesaam 13 mosies is ter tafel gelê, waarvan drie aanvaar is, vyf is na komitees verwys, drie het verval en twee mosies is teruggetrek. ‘n Totaal van 158 vrae is sedert Februarie ingehandig, waarvan 85 beantwoord is. Frederico Links, ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsings sê aan Kosmos 94.1 Nuus of Namibiërs as belastingbetalers waarde vir hul geld van parlementslede kry.