Tsumeb-inwoners moet steeds hul water kook

Inwoners van Tsumeb is ontevrede omdat hulle nog steeds hul water kook moet voor gebruik. Die woordvoerder van die munisipaliteit, Stella Imalwa-Nangolo, moedig inwoners aan om steeds hul water te kook totdat die toetsuitslae oor die kwaliteit van water beskikbaar is. Dit volg ná Dundee Precious Metals vroeër die maand ’n waarskuwing uitgereik het dat die dorp se water ongeskik is vir menslike gebruik weens ‘n hoë inhoud van mikrobiologiese spore. Tsumeb se water word vanaf een van die dorp se reservoirs voorsien wat dit oorspronklik van die munisipale boorgate verkry. Ontevrede inwoners versoek die munisipaliteit om die toetsproses te bespoedig sodat hulle na normaal kan terugkeer.