Navo-afgevaardigdes vies oor Russiese-slaai op spyskaart 

Hoe meer dae, hoe meer dinge. Afgevaardigdes by die Navo-beraad in Madrid, Spanje, was volgens berigte baie geskok toe hulle Russiese-aartappelslaai op die spyskaart sien. Die slaai, ‘n welbekende en unieke resep, is uiters gewild in Spanje maar daar word verneem dat dit konsternasie veroorsaak het, veral omdat die beraad die oorlog in Oos-Europa bespreek. Die hoof-sjef, die bekende Jose Andres, het toe maar ‘n diplomatieke aanpassing op die aand se spyskaart gemaak en klassieke tapas met tamatiebolletjies voorgesit. Hy het dit Oekraïnse slaai gedoop. Verbasend nê? En om te dink, dis die mense wat die besluite maak.