Kaapstad gereed vir aap-pokke

Die Gesondheidsdepartement van die Stad Kaapstad sê hy werk nou saam met ander sfere van die regering om enige moontlike uitbreking van aap-pokke te bestuur. Dit volg nadat die Nasionale Instituut vir Aansteeklike Siektes die eerste geval van die virus in die Moederstad bevestig het. Die simptome sluit in koors, erge hoofpyn, spierpyne, rugpyn, lae energievlakke, geswelde limfkliere en ‘n veluitslag. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, vra inwoners om bewustheid te help skep en nie vals nuus te versprei nie: