Iran-VSA kernkragooreenkoms: Daar’s altyd hoop

Daar is moontlik hoop dat die kernkragooreenkoms tussen Iran en die VSA herleef kan word met die twee lande wat indirekte gesprekke in Katar sal hou. Sou die ooreenkoms weer op dreef kom, kan Iranse olie weer op die wêreldmark kom. Kosmos 94.1 Nuus het met ‘n kenner in die gebied, die beleggingsekonoom Dawie Klopper gepraat oor die moontlikheid dat dinge uitwerk. 

Hy stem saam dat sou die twee lande weer saamwerk, dit ‘n uiters goeie uitwerking op die oliepyrs sal hê.