Nauyoma soek antwoorde

Die bekende aktivis, Dimbulukeni Nauyoma, nou Ally Angula se presidensie-veldtog-bestuurder, is ontevrede omdat niemand nog in hegtenis geneem is nadat hy doodsdreigemente onvang het nie. Nauyoma sê die voormalige weermaghoof, Epraphas Denga Ndaitwah, het hom met die dood gedreig. Ndaitwah is ook die seun van adjunk-eerste minister Netumbo Nandi-Ndaitwah. Nauyoma sê ‘n saak is gemaak en die beskuldigde is bekend, en het sy frustrasie met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.