Natis-kantore werk met beperkte personeel

Weens die hoë aantal positiewe Covid-19-gevalle, het die Namibiese Paaie-owerheid aangekondig dat al sy Natis-kantore landswyd en die permittekantoor in Windhoek tot einde Junie met beperkte personeel sal werk. Slegs ‘n beperkte aantal mense sal in betaalsale toegelaat word. Die bestuurder van korporatiewe kommunikasie, Hileni Fillemon, het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.

Fillemon het ook kliënte versoek om nie net vir algemene navrae na Natis-kantore te gaan nie. Sy het kliënte versoek om van hul inbelsentrum en Facebook-blad gebruik te maak vir verdere inligting.