Afrika-Ontwikkelingsbankgroep stel nuwe visepresident aan

Beth Dunford is aangestel as visepresident van die Afrika-Ontwikkelings-bankgroep. Sy bring volgens berigte omvattende ervaring met haar saam danksy haar vorige rol as assistent van die administrateur van die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling se Buro vir Veerkragtigheid en Voedselsekerheid. Dunford sê sy is passievol oor die bank se ontwikkelings-agenda. Die groep beskryf haar as ‘n strategiese, doeltreffende leier met diep kennis en ‘n indrukwekkende rekord. Haar aanstelling word op 1 Julie van krag.