Napwu nader die hof oor Kunene-salarisse

Plaaslike media berig dat die openbare werkers vakbond Napwu die hoërhof sal nader met ‘n dringende aansoek oor die vertraging in salarisbetalings by die Kunene-streeksraad. Die vakbond daag die streeksraad, die minister van landelike en stedelike ontwikkeling Erastus Uutoni, die minister van finansies Ipumbu Shiimi en die Kunene goewerneur Marius Sheya in die hof uit. Die raad het volgens berigte beslis om nie salarisse te betaal nie en die besluit is reeds op 14 Desember gemaak omdat die minister, Erastus Uutoni ‘n hofgeding het oor die heraanstelling van die hoof streeksbeampte, George Kamseb. Die minister het vroeër gesê sy hande is afgekap omdat die fondse reeds oorbetaal is en die raad moet die betaling doen.