Nanso reageer op swak eksamenuitslae

Die Namibiese Studente-organisasie het gereageer op die eksamenuitslae van die net meer as 40 000 leerders wat die standaard-graad senior sekondêre sertifikaat geskryf het. Uitslae vertoon swakker as verlede jaar. Eerstens het 3,6 persent minder leerders die eksamens voltooi met 28 persent wat ongegradeer is, of, gedruip het. Van dié was die meerderheid in Engels met 56,6 persent wat die vak gedruip het. Byna 40 persent het rekeningkunde gedruip. Altesaam 16 594 deeltydse kandidate het ook nie opgedaag vir een of meer vraestelle nie. Ester Shakela, woordvoerder van die vereniging het haar reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus so verwoord.