Noord-Korea gaan verkenning-satelliete lanseer

Die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong Un, het die lansering van verskeie verkenning-satelliete aangekondig. Die doel is om onmiddellik inligting oor Amerika en sy bondgenote se militêre optrede in te win. Kim het gepraat tydens ‘n inspeksie van Noord-Korea se Nasionale Lugvaart-ontwikkelingsadministrasie. Hy sê die doel van ‘n verkenning-satelliet is om aan gewapende magte onmiddellike inligting te gee oor Amerika en sy magte in Suid-Korea, Japan en die Stille Oseaan se militêre optrede teen hom. Die satelliete gaan ingevolge ‘n vyfjaar-plan in ‘n son-sinchroniese polêre wentelbaan geplaas woord.