NamWater verduidelik Mariental se bruin water

NamWater het terugvoering aan die munisipaliteit van Mariental oor die toestand van die dorp se bruin water gegee. Volgens Andries Kos, NamWater se hoof in die Suide, word die bruin water veroorsaak deur yster wat deur die filtrasieproses gegaan het. Hy die water is geskik vir menslike gebruik weens die lae vlakke van yster in die water. Die hele Wesbank-pyplyn word tans geskuur en die water behoort so gou as moontlik weer normaal te wees. Abraham Nehemia, uitvoerende hoof van NamWater, verduidelik die watersituasie aan Kosmos 94.1 Nuus.