Diabetes: Een uit elke twee Suid-Afrikaners dalk nie gediagnoseer

Een uit elke twee Suid-Afrikaners met diabetes is vermoedelik nie gediagnoseer nie. Volgens The Sweet Life-diabetes-gemeenskap is tot 45 persent van die vier miljoen mense wat diabete is, ongediagnoseer. Statistiek het aan die lig gebring dat diabetes die nommer een oorsaak van sterftes onder vroue in Suid-Afrika is en die tweede oorsaak van dood onder mans én vroue. Wêreld-diabetesdag word vandag herdenk en het ten doel om Tipe 1-diabetes-bewusmaking en die lae koers van diagnose, veral onder kinders, te verhoog.