NamWater se hoofpyplyn tussen Okahandja en Windhoek weer beskadig

Volgens Stad Windhoek is NamWater se hoof-pyplyn vanaf Okahandja na Windhoek weer beskadig. Die pyplyn is weer op dieselfde plek beskadig as die vorige keer op 10 Februarie toe die hoofstad wateronderbrekings ondervind het. Stad Windhoek sê watervlakke in die stad se reservoirs is tans nog op redelike vlakke.