DA sê salarisverhogings vir ANC-kaders is verraad

Die DA sê die minister van die staatsdiens en administrasie, Ayanda Dlodlo, se besluit om ‘n salarisverhoging van 450 miljoen rand vir miljoenêr-bestuurders in die staatsdiens toe te ken, is ‘n belediging vir die privaatsektor en die meer as tien miljoen werklose Suid-Afrikaners. Leon Schreiber van die DA sê dit volg op leë beloftes deur President Cyril Ramaphosa se regering dat hy die openbare sektor se loonrekening sou vries ten einde ‘n volskaalse skuldkrisis af te weer.