Nampol bevestig identiteit van vierde drenkeling in kitsvloede

Die Namibiese polisie het die identiteit bevestig van die vierde liggaam van ‘n hawelose man wat in Windhoek gevind is. Die naasbestaandes van die oorledene, Terence Goraseb, wat tussen 25 en 30 jaar oud is, is van sy tragiese dood ingelig toe hy Woensdag tydens die kitsvloede meegesleur is. Twee liggame elk is onderskeidelik Donderdag en Vrydag gevind. Die polisie se soektog na nóg vermiste haweloses duur voort.