Eskom: Fase 6-beurtkrag duur voort tot verdere kennisgewing

Eskom sê fase 6-beurtkrag gaan tot verdere kennisgewing voortduur. Dit is weens die onklaarraking van agt opwekkingseenhede wat die oormatige gebruik van oopsiklus-gasturbines en pomp-opgaaropwekking genoodsaak het. ‘n Eskom-woordvoerer, Menzi Mngomezulu, sê die onvermoë om water na opgaarskemas te pomp en lae dieselvlakke het gelei tot kritieke lae noodreserwes wat beskerm moet word.