Namibiese mans vat hokkietitel in Maleisië

Die MTC Namibiese mans hokkiespan het die finaal van die Sultan Nasrin Shah binnenhuise hokkietoernooi in Ipoh, Maleisië met 3-2 teen Suid-Afrika gewen en stap as kampioene van die toernooi weg. Die spanne het 2 elk opgeëindig en ‘n uitskietstryd het die span met 3-2 laat seëvier.