Namibiese gesondheidsminister sê daar is geen uitdagings met Trusted Travel System

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula verwelkom die Trusted Travel System wat Saterdag by Namibiese grensposte ingestel is. Slegs Covid-sertifikate wat deur die Trusted Travel-platform uitgereik is, word by grensposte aanvaar. Shangula sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is geen uitdagings met die stelsel nie.