SA vervoerminister besoek verskeie stasies in Kaapstad

Die Suid-Afrikaanse vervoerminister Fikile Mbalula, het tydens ‘n oorsigbesoek aan verskeie stasies in Kaapstad gesê, hy twyfel nie dat Prasa teen die sperdatum van einde Julie vanjaar, daarin sal slaag om die sentrale spoorlyn ten volle in werking te stel nie. Hy het daarop gewys werk word landwyd by 39 stasies gedoen.