Namibiese finansminister se begrotingsrede op 23 Februarie
Die Namibiese minister van finansies Ipumbu Shiimi sal die begroting vir die 2023-24 finansiële jaar op 23 Februarie in die Nasionale Vergadering ter tafel lê. Geskatte uitgawes vir die boekjaar volgens die huidige begrotingsdokument sal na verwagting in die omgewing van 73 miljard Namibiese dollar wees.