Namibië se damme is 81,3% vol, Kaapstad s’n 98%

Terwyl Namibië se gesamentlike damvlakke tans op 81,3 persent staan, staan die damvlakke vir damme wat die Stad Kaapstad van water voorsien, net oor die 98 persent vol. Die LUR vir omgewingsake, Anton Bredell, sê dit is as gevolg van goeie reënval oor die grootste deel van die provinsie. ‘n Woordvoerder van die LUR, James-Brent Styan sê damvlakke is op die hoogste vlak sedert 2013. Styan sê hoewel dit goeie nuus is, is daar dele van die Karoo wat steeds gebuk gaan onder droogtetoestande.