Sikunga-viswagters konfiskeer 55,3 km lange nette

Volgens die Sikunga-viswagters se maandelikse verslag vir Julie het hulle beslag gelê op 15 makôrôs en nette van 55,3 kilometer lank in die Zambezirivier. Daar was 2 742 vis in die nette. Die ses Sikunga-viswagters van die Sikunga-bewaringsgebied in die Zambezi-streek vat visstropers in die Zambezi-rivier vas.