‘Toerismebemarking van Omaheke-streek afgeskeep’

Die Omaheke-streek sê hulle word afgeskeep om as toeristebestemming bemark te word. ‘n Eienaar van ‘n toergidsmaatskappy in die streek, Uakii Kazapua, sê die Namibië Toerismeraad moet die hele Namibië as toeristebestemming bemark, maar Omaheke, wat ryk aan kulturele geskiedenis is, word afgeskeep. Hy praat met Kosmos 94.1 Nuus.