Namibië se bronne moet tot almal se voordeel wees – SPYL

Reaksies stroom in op LPM-leier Bernardus Swartbooi se eis dat gemeenskappe in die Karas streek moet baat vind by die groen waterstof-, olie- en gassektore wat daar ontwikkel gaan word. Daar is ook vrese dat die geleenthede in die suidelike deel van die land mense uit die noorde meer kan bevoordeel as plaaslike inwoners. Swapo-parlementslid Ephraim Nekongo het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is nie hoe die regering te werk gaan nie.