Namibië haal top-25 van waterskaarste lande ter wêreld
Navorsing deur die World Resources Institute het bekend gemaak dat 25 lande wat die tuiste is van ‘n kwart van die wêreldbevolking tans uiterste watertekorte beleef. Namibië het die lys gehaal, saam met Botswana en Suid-Afrika. Ander lande sluit in Bahrein, Siprus, België, Griekeland en Lebanon. Daar word voorspel dat teen 2050 byna 60 persent van die wêreld se bevolking minstens een maand per jaar erge waterprobleme gaan ondervind. Die navorsers sê sonder beter waterbestuur gaan bevolkingsgroei, ekonomiese ontwikkeling en klimaatsverandering die waterkrisis vererger.