NAC gesels oor ICAO aanbevelings

Die Namibië Lughawensmaatskappy het net meer as 72 persent behaal in die voorlopige veiligheidsoudit-uitslae van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie, ICAO. Dit het verbeter maar, daar is verskeie aanbevelings gemaak vir lugvaart om beter nakoming te bereik. Dan Kamati, die Lughawensmaatskappy se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die pad vorentoe.