N$10m vir 18 bakkies vir landbou
Die Afrika Ontwikkelingsbank het ‘n tender van net meer as 10 miljoen Namibiese dollar vir 18 vierwiel aangedrewe voertuie vir die landbouministerie goedgekeur. Die goedkeuring is gedoen omdat die voertuie met sy lening van 1 miljard dollar aan die ministerie aangekoop sal word. Die voertuie, 15 enkelkajuit- en drie dubbelkajuit bakkies, sal vir die landbou meganisering en saad ontwikkelings projek benut word. Indongo Toyota is die tender toegeken met ‘n kwotasie van 8,3 miljoen dollar vir die enkelkajuit voertuie, en 1,9 miljoen dollar vir die dubbelkajuit voertuie.