Mutorwa vaar uit oor Omaheke se paaieFebruary 16, 2023
Die Namibiese vervoerminister, John Mutorwa, het teleurstelling uitgespreek met die instandhouding van paaie in die Omaheke-streek. Mutorwa sê het dit reeds met die leierskap van die Paaie-owerheid opgeneem dat die instandhouding van paaie oor die algemeen in die Omaheke-streek, nie is wat dit veronderstel is om te wees nie. Hy sê koördinasie moet verbeter en streeksbestuur moet beter toegepas word. Mutorwa het bygevoeg dat daar fondse beskikbaar gestel is om die Gobabis-Aminius-pad nog in die huidige boekjaar te voltooi.