Musk sê hy sal 10% van Tesla verkoop

Die Suid-Afrikaans-gebore entrepreneur en miljardêr Elon Musk het sy miljoene Twitter-volgelinge gevra of hy ‘n tien persent-aandeel in sy elektriese-voertuigmaatskappy, Tesla, moet verkoop. Die waarde beloop 3,16 triljoen Namibiese dollar. Media berig Musk het op die peiling besluit nadat Amerika se Demokrate in die Senaat voorgestel het dat miljardêrs op ongerealiseerde winste belas moet word wanneer die prys van hul aandele styg, selfs al verkoop hulle nié aandele nie. Dit sal hom met ‘n reuse belastingrekening laat. Musk het beloof om sy volgelinge se wens te gehoorsaam.