Covid: net 228 aktiewe gevalle

Daar was die afgelope 24 uur weer ‘n merkbare afname in die aantal nuwe Covid-19-gevalle in die land. Die gesondheidsministerie het net tien nuwe gevalle bevestig. Swakopmund het twee, en die res kom landwyd voor. Daar is steeds 228 aktiewe gevalle uit ‘n kumulatiewe totaal van 129 009. Die totale sterftesyfer is tans 3 563.