Munisipale skuld: Elke owerheid moet sy eie, kreatiewe oplossing vind

Kreatiewe oplossings is nodig om die uitdaging van onbetaalde munisipale rekenings aan te spreek. Dit volg na die minister Calle Schlettwein, die versoek deur die Okakarara- en Otavi dorpsrade om NamWater-skuld van 56 miljoen Namibiese dollar af te skryf verwerp het. NamWater word miljoene geskuld in onbetaalde rekenings en opposisiepartye het ook onlangs ‘n beroep gedoen dat die skuld afgeskryf word. Plaaslike ekonoom Jason Kasuto van Monasa Advisory and Associates sê plaaslike owerhede moet oplossings, wat gepas is vir hulle unieke omstandighede, vind.