Korporatiewe krediet begin belowend lyk

Ekonome het gereageer op die jongste syfers oor privaatsektor kredietverlening. In September is skuld op 3,1 persent gemeet, ‘n daling van die 4,6 persent wat in Augustus aangeteken is. Volgens Robert McGregor van Cirrus, is dit nie alles slegte nuus nie. Besighede leen meer en huishoudings minder – veral as gevolg van stygende rentekoerse. Maar, die stygings sal ook teen vroeg volgende jaar begin afneem. McGregor verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.