Shikongo gesels met media, oor alles

Die hoof van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Joseph Shikongo, het vandag met die media verskeie aspekte van die Namibiese polisie en misdaad-uitdagings bespreek. Hy het pas teruggekeer van die Zambezi-streek waar hoë vlakke van misdaad aangespreek is.

Hy het ook uitgevaar teen wat hy as elemente beskryf, wat die mag probeer verdeel, veral in die geval van adjunk-inspekteur-generaal Anne Marie Nainda, wat onlangs tot Interpol se uitvoerden komitee verkies is.