Motsoaledi wil appelleer teen ZEP-beslissing

Die Suid-Afrikaanse minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, vra verlof tot appèl teen twee uitsprake rondom die Zimbabwiese Vrystellingspermit wat die hoërhof in Pretoria gelewer het. Die hof het hierdie week die minister se besluit om die permitte te beëindig bevind as ongeldig, onwettig en ongrondwetlik weens ‘n gebrek aan behoorlike openbare raadpleging. Die hof het beveel dat die program wat ongeveer 178 000 permithouers raak, met 12 maande verleng word. Die hof het vroeër ‘n interdik toegestaan wat enige stappe teen permit-houers verbied. Motsoaledi betoog die uitsprake skep ‘n gevaarlike presedent en moet uitgedaag word.