Mosiehof: Eiendomslenings van meer as N$31 miljoen betaalbaarJuly 7, 2023

Kommersiële banke het 48 aansoeke om verstekvonnisse vanoggend in die mosiehof gebring. Regters Ramon Maasdorp en George Coleman het altesaam 93 aansoeke hanteer. Daar was tien reël 108-aansoeke op die rol. Daar is 22 eiendomslenings ter waarde van 31,162 miljoen Namibiese dollar wat nou betaalbaar is, met 25 lenings waarop 10,087 miljoen dollar geskuld word. Net een voertuig moet terugbesorg word. In Maandag se sessie sal regter Hannelie Prinsloo 18 onverdedigde egskeidings hanteer.