Mosiehof: Banke eis amper N$49m

Daar was 105 aansoeke vir verstekvonnisse in die mosiehof vanoggend waarvan nege reël 108 aansoeke was. Kommersiële banke het 51 van die aansoeke, wat deur regters Esi Schimming-Chase en Hannelie Prinsloo hanteer is, gebring. Die banke eis 25 eiendomme met uitstaande skuld van amper 41 miljoen Namibiese dollar terug. Daar is ook 26 lenings waarop amper 7,6 miljoen dollar geskuld word, wat nou betaalbaar is. In Maandag se sessie sal regter Thomas Masuku 41 onverdedigde egskeidings hanteer.